
Padveiligheid: Goeie begin vir Pase in SA
Loading player...
Die minister van vervoer, Barbara Creecy, sê daar was 'n afname in padongelukke en sterftes voor die besige Paasnaweek-reistydperk. Noodlottige ongelukke het met 16,7-persent gedaal, van 306 tot 255, en sterftes met 18,3-persent van 356 tot 291 in dieselfde tydperk verlede jaar. Dit word toegeskryf aan verskerpte wetstoepassing, insluitend meer as 300 padblokkades en verhoogde polisie-sigbaarheid. Creecy het motoriste aangespoor om verantwoordelik te te bestuur om laer ongeluksyfers te handhaaf:

