
Kanse ál skraler vir rentekoersverligting
Loading player...
Privaatsektor-kredietverlening het in Februarie effe gestyg, met 'n jaarlikse groei wat tot 4,7 persent gestyg het vanaf 4,2 persent in Januarie. Die totale leningsboek beloop 123,2 miljard Namibiese dollar. Simonis Storm sê die effens hoër groei was te danke aan 'n toename in die opname van krediet deur besighede, terwyl huishoudelike skuld effe gedaal het. Die repo-koers word op 22 April aangekondig en volgens ekonoom Almandro Jansen kan dit dalk in die toekoms onveranderd bly. Hy met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gee 'n oorsig oor wat ons in die toekoms kan verwag.

