BKS: Bly waaksaam oor Paasnaweek, vra Steenhuisen

Loading player...
Die minister van landbou, John Steenhuisen, vra die landbousektor om te verenig in die stryd teen bek-en-klouseer, en beklemtoon biosekerheid is almal se verantwoordelikheid. Hy sê ook die beskerming van vee beskerm voortbestaan en nasionale voedselsekerheid. Steenhuisen versoek boere en belanghebbendes om hierdie Paasfees waaksaam te bly en met gedeelde verantwoordelikheid te lei om die sektor te beskerm en die toekoms van landbou te verseker:
2 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kanse ál skraler vir rentekoersverligting

Privaatsektor-kredietverlening het in Februarie effe gestyg, met 'n jaarlikse groei wat tot 4,7 persent gestyg het vanaf 4,2 persent in Januarie. Die totale leningsboek beloop 123,2 miljard Namibiese dollar. Simonis Storm sê die effens hoër groei was te danke aan 'n toename in die opname van krediet deur besighede, terwyl…
2 Apr 9AM 1 min

Omgewingswaghond knor vir SA se energiebeleid

Die Green Connection kritiseer die regering se brandstof- en energiebeleid en noem dit onvoldoende om stygende koste en omgewingskwessies aan te spreek. Neville van Rooy van die organisasie voer aan huidige maatreëls bevorder nie volhoubare energie-alternatiewe nie en beskerm verbruikers nie teen prysstygings nie. Hy versoek die regering om langtermynstrategieë…
2 Apr 9AM 1 min

Winsdeling 'n beter plan met Rössing, sê Mudge

Die regering het in die parlement gesê dit bespreek die moontlike verkryging van 'n 10 persent-belang in die Rössing-uraanmyn. Die belang word tans deur die Industriële Ontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika gehou, wat beleggers genooi het om vir die aandeelhouding te bie as deel van hul onttrekking uit die uraanmynmaatskappy. Kosmos 94.1…
2 Apr 8AM 1 min

Cosatu eis veskerping van regering se beleggingsveldtog

Cosatu dring daarop aan dat die regering sy beleggingsveldtog verskerp, aangesien die ekonomie hom staal vir ernstige wêreldwye beroering. Dit is weens die Midde-Oosterse konflik en die reusestygings in brandstofpryse. Matthew Parks van Cosatu sê hulle verwelkom die beleggingsbeloftes van byna 900 miljard Suid-Afrikaanse rand wat vroeër die week tydens…
2 Apr 6AM 1 min

'Hierdie is nie ons oorlog nie' - Starmer

Die Britse eerste minister Keir Starmer sê die wêreldwye onbestendigheid wat deur die Iranse oorlog veroorsaak is, beteken dat Brittanje nouer met Europese bondgenote oor veiligheid en die ekonomie moet skakel. Dit volg op herhaalde kritiek van die Amerikaanse president Donald Trump. Starmer het aan die media gesê die impak…
2 Apr 6AM 1 min