
'Hierdie is nie ons oorlog nie' - Starmer
Loading player...
Die Britse eerste minister Keir Starmer sê die wêreldwye onbestendigheid wat deur die Iranse oorlog veroorsaak is, beteken dat Brittanje nouer met Europese bondgenote oor veiligheid en die ekonomie moet skakel. Dit volg op herhaalde kritiek van die Amerikaanse president Donald Trump. Starmer het aan die media gesê die impak van die oorlog is bepalend vir die volgende generasie en is soortgelyk aan gebeure toe energiepryse in die 1970s die hoogte in geskiet het. Hy beoog 'n aanlyn beraad ondie Straat van Hormuz te heropen.

