
Werkgewers kan opleidingseise indien
Loading player...
Die Namibiese Opleidingsowerheid herinner kwalifiserende werkgewers daaraan om hul eise vir werkgeweropleidingstoelae vir die 2025/26-boekjaar in te dien. Die owerheid verwag om ongeveer 613 miljoen Namibiese dollar in heffings in hierdie siklus in te vorder, met tot 50 persent beskikbaar vir terugbetalings aan die wat opleiding gedoen het. Veripi Kangumine die bestuurder van werknemer opleiding en toelae by die owerheid, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

