
Statistikus-generaal gesels oor inflasie en brandstofpryse
Loading player...
Brent-ru olie pryse is tans wisselvallig maar wat nie wisselvallig is nie, is die sekerheid dat weens die uitwerking van die Midde-Oosterse oorlog, voedselpryse en inflasie die hoogte in sal skiet. Inflasie sal ook langer vat om te daal, sou die oorlog binnekort tot ‘n einde kom. Kosmos 94.1 Nuus het met die statistikus-generaal van die Namibiese Statistieke-agentskap, Alex Shimuafeni gepraat. Hy verduidelik waarom inflasie sal styg.

