
Outa vra deursigtigheid oor brandstofreserwes
Loading player...
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die regering se brandstofheffingverlaging was te laat, ten spyte van duidelike tekens van die skerp stygings vroeër in die maand. Die organisasie sê hoewel die verlaging sal help om druk op verbruikers te verlig en stygings in vervoer- en voedselkoste te beperk, het die vertraging onsekerheid by huishoudings en besighede veroorsaak. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenage, doen 'n beroep op tydige brandstofpryskommunikasie en groter deursigtigheid oor strategiese oliereserwes voor volgende maand se aanpassing:

