
SAPD finansiële beampte geskors oor miljoene wat verduister is
Loading player...
'n Finansiële beampte van die Polisie, verbonde aan die Beskermings- en Sekuriteitsdienste is geskors na bewerings van bedrog wat miljoene rand beloop. 'n Interne ondersoek het bevind dat die beampte na bewering sy toegang tot die finansieringstelsel gebruik het om kontant te onttrek wat bedoel was vir reiskoste vir presidensiële beskermingsbeamptes. Die woordvoerder van die Polisie, Athlenda Mathe sê die geld is na bewering nie vir die doel aangewend nie en is in plaas daarvan in groot kontantbedrae onttrek:

