NamPol ontplooi landswyd tydens Paasnaweek

Loading player...
NamPol het omvattende misdaadvoorkomingsoperasies vir die Paasvakansietydperk geïmplementeer, met die fokus op hoë polisiesigbaarheid, padveiligheid en die vermindering van kriminele aktiwiteite landswyd. NamPol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die polisie meer patrollies in gemeenskappe, sakegebiede en industriële sones sal ontplooi om misdade soos straatrowe en huisbraak oor die vakansietyd te bestry.
2 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Statistikus-generaal gesels oor inflasie en brandstofpryse

Brent-ru olie pryse is tans wisselvallig maar wat nie wisselvallig is nie, is die sekerheid dat weens die uitwerking van die Midde-Oosterse oorlog, voedselpryse en inflasie die hoogte in sal skiet. Inflasie sal ook langer vat om te daal, sou die oorlog binnekort tot ‘n einde kom. Kosmos 94.1 Nuus…
2 Apr 3AM 1 min

Trump sê lande wat Hormuz gebruik moet dit self oopmaak

President Donald Trump sê die VSA het geen olie nodig wat deur die Straat van Hormuz ingevoer word nie. Hy sê lande wat dit nodig het, moet die leiding neem om die roete weer oop te maak. Iran het die seeweg, een van die wêreld se besigste olie-verskepingskanale, effektief geblokkeer…
2 Apr 3AM 1 min

Outa vra deursigtigheid oor brandstofreserwes

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die regering se brandstofheffingverlaging was te laat, ten spyte van duidelike tekens van die skerp stygings vroeër in die maand. Die organisasie sê hoewel die verlaging sal help om druk op verbruikers te verlig en stygings in vervoer- en voedselkoste te beperk, het die vertraging…
2 Apr 3AM 1 min

Artemis II is huidige generasie se Apollo-oomblik

Voormalige NASA-vuurpylwetenskaplike Aisha Bowe sê sy het rillings gekry toe sy NASA se lansering van die Artemis II-sending na die maan se wentelbaan gekyk het. Die sending het suksesvol gelanseer en sal ‘n tien-dag lange vlug rondom die maan neem. Bowe sêaan Sky News dat dit die huidige generasie se…
2 Apr 3AM 1 min

Twee IPC-lede beskuldig van kommunale grondskendings

'n Nuwe grondkwessie het in Namibië se |Khomanin-kommunale gebied ontstaan. Besorgde inwoners en die Landless Khomanin-groep beskuldig die IPC-parlementslid Michael Mulunga daarvan dat hy 5 hektaar kommunale grond by Nauspoort verkry het, en heinings en permanente strukture sonder duidelike magtiging opgerig het. Dit is na bewering ten koste van plaaslike…
2 Apr 2AM 1 min