Artemis II is op pad maan toe

Loading player...
Die Nasionale Lugvaart- en Ruimte-administrasie se Artemis II is gisteraand suksesvol vanaf die Kennedy-ruimtesentrum in Florida gelanseer op pad na die maan vir die eerste maanreis in meer as 50 jaar. Vier ruimtevaarders, Reid Wiseman, Victor Glover, Christina Koch en Jeremy Hansen, is aan boord van die Orion-ruimtetuig op 'n tien dae lange sending om rondom die maan te wentel. NASA-administrateur Jared Isaacman sê die sending kan verder van die Aarde af reis as wat enige mens ooit kon, en sodoende die Apollo 13-afstandrekord verbeter:
2 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SANW kan nie sy mandaat nakom nie - Action SA

ActionSA sê terwyl Suid-Afrika toenemend probleme ervaar wat grens-sekuriteit, misdaad en reaksie op rampe betref, laat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag toe dat noodsaaklike militêre bates tot wrakke verroes. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het op ʼn vraag in die Parlement onthul dat daar ʼn voertuig-begraafplaas by…
10 Jul 6AM 1 min

'Dit help nie om Trump te paai nie'

Westerse leiers moes teen die tyd al geleer het dat om president Donald Trump te paai, moedig hom eenvoudig aan. Dit is die mening van Kanada se voormalige adjunkpremier Chrystia Freeland. Haar aanmerkings kom na die Navo-beraad waar Trump weer eise op Groenland gemaak het en lande soos Spanje beledig…
10 Jul 6AM 1 min

Versigtig met wild-hervestiging in Kunene

Reaksie word steeds ontvang na die omgewingministerie wat onlangs honderde springbokke, gemsbokke en sebras van die Etosha Nasionale Park na die Kunene-streek en die Nyae Nyae en Uukwaluudhi bewareas verskuif het. Terwyl die ministerie sê dat die hervestigings wildpopulasies sal herstel, roofdiere sal ondersteun en mens-dier konflik sal verminder, sê…
10 Jul 6AM 1 min

CIF maak kapsie oor sement samesmelting

Die Konstruksie Industriefederasie van Namibië sê dat hy steeds gekant is teen die goedgekeurde samesmelting van Whale Rock Cement met Ohorongo Cement en versoek dat die ministeriële goedkeuring teruggetrek word. Bärbel Kirchner, die federasie se uitvoerende hoof, sê dat hul standpunt in Junie 2025 geregistreer is en hulle daarby staan,…
10 Jul 6AM 1 min

Roodt sê olieprysstyging sal kortstondig wees

Internasionale oliepryse het met meer as 7 persent in soveel dae gestyg ná hernude oor-en-weer aanvalle tussen Amerika en Iran, maar ekonome sê daar is nog geen rede tot kommer nie. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat oliepryse waarskynlik nie sal terugkeer na die…
10 Jul 6AM 1 min