
Trump sê Iran vra skietstilstand
Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag beweer dat wat hy noem Iran se “nuwe regime president” gevra het vir 'n skietstilstand. Iran se buitelandse sake-ministerie het dit ontken en vals en ongegrond genoem. Trump het ook gesê dat hy 'n skietstilstand sal oorweeg, maar totdat die Straat van Hormuz oop is, sal hulle voortgaan om Iran in die vergetelheid in, en terug na die Steentydperk te bombardeer. Die realiteit is dat Iran voortgaan met aanvalle in die Golf-state en Israel. Sky News se Sally Lockwood berig uit die Verenigde Arabiese Emirate.

