Minister, Vivo sê oor brandstoftekorte landswyd

Loading player...
Na Dinsdag se paniekaankope is daar brandstof-uitdagings in die land. Talle vulstasies in die hoofstad, en op Rehoboth staan droog met ander wat net ‘n bietjie oor het. Walvisbaai se voorraad is blykbaar laer as dié van Swakopmund en enkele vulstasies op Okahandja het ook nog brandstof. Eienaars wat droog staan sê hulle kry geen antwoorde by hulle verskaffers nie en daar is onbevestigde berigte dat Puma se voorrade op is. Namcor het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy wel voorraad het. Die lynminister Modestus Amutse het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
1 Apr 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA is een van top vyf streke vir hernubare energie

Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika is onder die wêreld se top vyf streke vir hernubare energie-opbrengste, danksy kragtige sonuitstralings en sterk windhulpbronne. Ramokgopa het tydens die beleggerskonferensie in Sandton die korridor tussen die Noord-Kaap en Namibië as 'n sleutelsone uitgelig danksy politieke bestendigheid en goeie…
1 Apr 6AM 1 min

Golflande draai op Iran

Die uitvoerende direkteur van die Golf Internasionale Forum, dr. Dania Thafer sê Golflande neem nou sterker standpunt in as aan die begin van die oorlog. In die begin was die lande gekant teen die oorlog maar herhaalde aanvalle deur Iran, het hulle posisie stelselmatig begin verander.
1 Apr 6AM 1 min

Drank en geweld stap hand aan hand

'n Onlangse studie deur die Suider-Afrikaanse Alkoholbeleidalliansie van Namibië, SAAPA, dui aan dat drank gebruik in Namibië direk verbind is met huishoudelike en ander geweld. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Verona du Preez, die voorsitter van SAAPA Namibië, gesê die studie is daarop gemik om die onderliggende…
1 Apr 6AM 1 min

Logistiek en die brandstofprys, en -voorsiening

Met brandstofpryse wat gestyg het, dra logistieke maatskappye swaar aan stygende koste. Kosmos 94.1 Nuus verneem dat buurlande hulle vragmotors volmaak by Namibiese pompstasies en dan deurstoot as gevolg van beperkings in voorsiening in buurlande. Dit plaas verdere druk op plaaslike bronne. Die nuusspan het met Leodolf Swanepoel, die hoofuitvoerende…
1 Apr 6AM 1 min