
Omgewingsministerie begin konsultasies rakende braai
Loading player...
As deel van Namibië se klimaatsveranderingsverbintenisse, sal die ministerie van omgewing openbare konsultasies begin oor die regulering van braai. Die voorstel is dat erwe met 'n ewe nommer slegs op Saterdae mag braai, terwyl dié met 'n onewe nommer op Sondae mag braai. Geen braai sal gedurende die week toegelaat word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham gepraat, wat sê die voorstel is lankal agterstallig en maak sin vir omgewingsvolhoubaarheid.

