
BoN sal gou goudstawe van plaaslike banke kry
Loading player...
Die Bank van Namibië maak vordering met die verkryging van goud van plaaslike myne om nasionale reserwes te versterk. Die goewerneur van die sentrale bank, Ebson Uanguta, sê die hoëgraad goudstawe sal deel vorm van die land se nasionale reserwes en 'n finansiële buffer teen ekonomiese skokke en valutaskommelings bied. Goud sal ongeveer 3 persent van die netto buitelandse valutareserwes uitmaak. Uanguta het vanoggend tydens die bekendstelling van die bank se jaarverslag gepraat.

