
Ondersoeke na Sondag se vlugongeluk reeds aan die gang
Loading player...
'n Ondersoeker van die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke is in Keetmanshoop om die noodlottige vliegongeluk naby Aus te ondersoek. 'n Cessna 172 het Sondagoggend neergestort en 'n 51-jarige Duitse burger, Carmen Spetzinger, is dood. Die vlieënier, die 60-jarige dr. Saneke Bernhard, het ernstige beserings opgedoen en is steeds in 'n Windhoekse privaathospitaal. Kosmos 94.1 Nuus het met ondersoeker Ben Engelbrecht gepraat, wat meer inligting gee.

