
Kommer oor 'menseregte-gevare' in VSA by sokker-Wêreldbeker
Loading player...
Sokker: Amnestie Internasionaal waarsku dat die komende Wêreldbekertoernooi in Amerika, Kanada en Mexiko gevaar loop om 'n verhoog vir onderdrukking en outoritêre gebruike te word. 'n Verslag deur die menseregte-organisasie beklemtoon ernstige beperkings op spraakvryheid en vreedsame betogings wat die veilige en inklusiewe toernooi bedreig wat FIFA beloof het. Woordvoerder Steve Cockburn sê daar is geen planne om ondersteuners te beskerm teen die Amerikaanse Immigrasie- en Doeane-afdwingingsgesag nie:

