
Gautengse regering verwerp DA-bewerings oor BKS
Loading player...
Die Gautengse regering sê die DA se bewerings dat premier Panyaza Lesufi nie pogings gekoördineer het om die bek-en-klouseer-uitbreking te bestry nie, is misleidend en ongegrond. Die party kritiseer die provinsie se toekenning van 63-miljoen Suid-Afrikaanse rand en sê dis nie genoeg om boere en die landbou-ekonomie te beskerm nie. Regeringswoordvoerder Elijah Mhlanga sê pogings gaan voort om die uitbreking te bekamp met die ondersteuning van die nasionale regering:

