
Ombud ondersoek kinders wat getroud is
Loading player...
Binnelandse sake-minister Lucia Iipumbu het onthul dat kinderhuwelike na raming 40 persent van minderjariges in Kavango Oos raak, 'n praktyk wat sy belowe het die regering vasbeslote is om uit te roei. Sy het die syfer as 'n "swaar las" beskryf en gesê dit is gewortel in armoede en kulturele praktyke. Kosmos 94.1 Nuus het met die kinderadvokaat in die kantoor van die ombudsman, Ingrid Husselman gepraat wat sê dat hulle die sake ondersoek.

