
GOOD roskam Mbeki, Zuma oor Khampepe-saak
Loading player...
Die GOOD-party het oudpresidente Thabo Mbeki en Jacob Zuma gevra om op te hou om regter Sisi Khampepe te probeer keer om politieke inmenging in vervolgings uit die apartheid-era te ondersoek. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Johannesburg hul aansoek van die hand gewys het om Khampepe te onttrek as voorsitter van 'n kommissie wat die versuim ondersoek om die aanbevelings van die Waarheids- en Versoeningskommissie te implementeer. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê enige pogings om die proses te blokkeer, ondermyn geregtigheid en openbare vertroue:

