
Bibi sê oorlog met Iran se verby halfpadmerk
Loading player...
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê Amerika en Israel se oorlog teen Iran het meer as die helfte van sy doelwitte bereik, maar wou nie sê wanneer dit verby sal wees nie. Die Israelse weermag het die afgelope 24 uur 170 teikens van die Iranse regime getref en sê dit sluit persele in wat verbind word met wapennavorsing en -vervaardiging. Netanyahu het aan die Amerikaanse TV-maatskappy, Newsmax, gesê die Arabiese State in die Golf moedig Amerika in die geheim aan om militêre optrede teen Iran te versnel en hard toe te slaan:

