
Oorlog in Midde-Ooste raak rederye erg, toerisme ook
Loading player...
Lugvaartontleder Linden Birns van Plane Talking sê die Midde-Oosterse konflik laat stralerbrandstofpryse steeds styg. Die prys het meer as verdubbel in onlangse weke, wat ernstige druk op lugdienste plaas. Met brandstof wat 'n groot deel van die bedryfskoste uitmaak, skuif lugdienste die las af op passasiers en besighede deur kaartjiepryse en bykomende koste te verhoog. Wyer ekonomiese gevolge kan verwag word namate inflasiekommernisse toeneem. Birns het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat wêreldwye voorsieningskettingtekorte ook die lugvaartbedryf beïnvloed.

