
Surrogaatskap sal eie wetgewing benodig
Loading player...
'n Advertensie het onlangs die rondtes op sosiale media gedoen wat surrogaat moeders soek met die belofte dat hulle 800 000 Namibiese dollar daarvoor kan kry. Die advertensie was onder die Maerua Mediese Sentrum se naam versprei. Die sentrum het 'n verklaring uitgereik wat sê die advertensie is vals. Kosmos 94.1 Nuus het met Yolande Engelbrecht, die projek-koördineerder van die Regshulpsentrum se gender-afdeling gepraat, wat sê nuwe wetgewing apart van die Kinderwet sal ter tafel gelê moet word.

