Trump sê hy soek regime verandering, olie in Iran

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het Maandag op sy Truth Social-netwerk vertroue uitgespreek dat 'n onderhandelde skikking in Iran binnekort bereik sal word, en gesê dat Amerika in "ernstige besprekings" was met wat hy as "'n meer redelike regime" in Teheran beskryf het. Maar hy sê as 'n ooreenkoms nie bereik word nie, sal Amerikaanse magte "al hul kragopwekkingsaanlegte, oliebronne en Kharg-eiland, en moontlik alle ontsoutingsaanlegte vernietig”. Trump het ook in 'n onderhoud met die Financial Times gesê sy voorkeur sal wees om Iran se olie te vat. SkyNews het met die bekroonde Irans-Amerikaanse joernalis en Midde-Ooste kommentator Tara Kangarlou gesels.
30 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Madlanga-kommissie: Getuie N getuig in camera

Die Madlanga-kommissie het Getuie N in camera-getuienis toegestaan om haar identiteit te beskerm. Getuienisleier Mahlape Sello sê sy is deel van die polisie se taakspan vir politieke moorde wat sake by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap ondersoek. Sy sê om haar identiteit te openbaar kan die ondersoek…
10 Jul 11AM 1 min

Biosekuriteit teen BKS op grense versterk

Die landbouministerie en belanghebbendes gaan voort om grens-biosekuriteitsmaatreëls te versterk om die verspreiding van bek-en-klouseer te help voorkom. Na die installering van 'n semi-outomatiese voertuigontsmettingsspuitstelsel by die Ariamsvlei-grenspos, sê die ministerie dat verdere soortgelyke intervensies by ander grensposte volgens behoefte uitgerol sal word. Ministerie-woordvoerder Romeo Muyunda het met Kosmos 94.1…
10 Jul 11AM 1 min

Welwitschia Uitnodiging XV reg vir Bulle: Danco Burger

Die Namibiese Rugby-unie het 'n gedugte Welwitschia Uitnodiging XV-span van 30 spelers saamgestel vir Saterdag se internasionale vriendskaplike wedstryd teen die Vodacom Blue Bulls in die Hage Geingob-stadion. Verskeie spelers is beloon ná die span se oortuigende oorwinning van 71-12 teen Zambië verlede naweek. Die Namibiese kaptein, Danco Burger, het…
10 Jul 10AM 1 min

Kankergevalle vermeerder, meer beleggings in sorg nodig

In Namibië word daar nou jaarliks 4 205 nuwe kankerdiagnoses aangeteken, 'n aansienlike toename vergeleke met die ongeveer 3 700 jaarlikse gevalle wat voorheen gerapporteer is. Met 'n voorkomssyfer van 202,2 per 100 000, is Namibië een van die Afrika-lande met die hoogste voorkoms van kanker. Dit is volgens die…
10 Jul 10AM 1 min