
Australië halveer brandstofbelasting vir drie maande
Loading player...
Die Australiese regering gaan die belasting op brandstof die volgende drie maande halveer om die stygende energiepryse weens die Amerikaans-Israelse oorlog teen Iran te versag. Ongeveer 20-persent van die wêreld se olie en natuurlike gas vloei deur die Straat van Hormuz, waarvan die sluiting veroorsaak het dat regerings maatreëls begin instel om brandstof te bespaar. Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, sê heffings op swaar voertuie word ook opgeskort:

