Sinner behaal sy Sonskyn-dubbel

Loading player...
Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner, het die Miami Ope gewen en die eerste keer in sy loopbaan ʼn Sonskyn-dubbel behaal. Dit beteken hy het in dieselfde jaar by Indian Wells en Miami koning gekraai. Die Italianer het die Tsjeg, Jiri Lehecka, verslaan en die eerste man geword wat ʼn Sonskyn-dubbel voltooi sedert Roger Federer dit in 2017 reggekry het, en die agste man ooit wat die prestasie behaal. Sinner sê dit beteken vir hom baie:
30 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Madlanga-kommissie: Getuie N getuig in camera

Die Madlanga-kommissie het Getuie N in camera-getuienis toegestaan om haar identiteit te beskerm. Getuienisleier Mahlape Sello sê sy is deel van die polisie se taakspan vir politieke moorde wat sake by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap ondersoek. Sy sê om haar identiteit te openbaar kan die ondersoek…
10 Jul 11AM 1 min

Biosekuriteit teen BKS op grense versterk

Die landbouministerie en belanghebbendes gaan voort om grens-biosekuriteitsmaatreëls te versterk om die verspreiding van bek-en-klouseer te help voorkom. Na die installering van 'n semi-outomatiese voertuigontsmettingsspuitstelsel by die Ariamsvlei-grenspos, sê die ministerie dat verdere soortgelyke intervensies by ander grensposte volgens behoefte uitgerol sal word. Ministerie-woordvoerder Romeo Muyunda het met Kosmos 94.1…
10 Jul 11AM 1 min

Welwitschia Uitnodiging XV reg vir Bulle: Danco Burger

Die Namibiese Rugby-unie het 'n gedugte Welwitschia Uitnodiging XV-span van 30 spelers saamgestel vir Saterdag se internasionale vriendskaplike wedstryd teen die Vodacom Blue Bulls in die Hage Geingob-stadion. Verskeie spelers is beloon ná die span se oortuigende oorwinning van 71-12 teen Zambië verlede naweek. Die Namibiese kaptein, Danco Burger, het…
10 Jul 10AM 1 min

Kankergevalle vermeerder, meer beleggings in sorg nodig

In Namibië word daar nou jaarliks 4 205 nuwe kankerdiagnoses aangeteken, 'n aansienlike toename vergeleke met die ongeveer 3 700 jaarlikse gevalle wat voorheen gerapporteer is. Met 'n voorkomssyfer van 202,2 per 100 000, is Namibië een van die Afrika-lande met die hoogste voorkoms van kanker. Dit is volgens die…
10 Jul 10AM 1 min