
Drank, en ongeregistreerde drankwinkels, in die soeklig
Loading player...
'n Onlangse studie deur die Suider-Afrikaanse Alkoholbeleidalliansie van Namibië, SAAPA, dui aan dat meer as 80 persent van drankwinkels in Namibië ongeregistreer is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Verona du Preez, die voorsitter van SAAPA Namibië, gesê die studie is daarop gemik om die onderliggende risiko's wat verband hou met alkoholmisbruik te identifiseer, waarvan baie Namibiërs afhanklik is.

