
Brandstof: Landbou sal swaar trek maar ek en jy sal betaal
Loading player...
Reaksie word steeds ontvang oor die regering se besluit om die brandstofprys in April te verhoog. Vanaf Woensdag sal Namibiërs 2 Namibiese dollar en 50 sent per liter ekstra vir petrol en 4 dollar per liter ekstra vir beide grade diesel betaal. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat, wat sê boere sal swaar geraak word deur die verhoging, veral diegene wat hul goedere gereeld vervoer.

