
Aktivis kom op vir ma wat baba by kerk gelos het
Loading player...
Die onlangse inhegtenisneming van 'n 36-jarige vrou wat haar pasgebore baba by 'n kerk in Omingwelume in die Ohangwena-streek gelos het, het ‘n debat ontketen oor wat 'n wetlik erkende veilige plek is om babas te los. In 2019 het die regering aangekondig dat moeders nie vervolg sou word as hulle ongedeerde pasgeborenes by aangewese veilige plekke soos hospitale, polisiestasies en geregistreerde plekke van veiligheid los nie. Die vrou is intussen aangekla en is borgtog toegestaan. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by maatskaplike aktivis Rosa Namises oor die kwessie gekry.

