
Cyril waarsku Midde-Ooste oorlog sal SA ekonomie kniehalter
Loading player...
ANC-president Cyril Ramaphosa waarsku die toenemende konflik in die Midde-Ooste laat globale oliepryse die hoogte inskiet en sal ʼn negatiewe uitwerking hê op die Suid-Afrikaanse ekonomie met skerp brandstofprysverhogings wat volgende maand verwag word. Ramaphosa het by die ANC in Mpumalanga se provinsiale verkiesingskonferensie in Mbombela gepraat. Hy sê die konflik kan Suid-Afrika se ekonomiese herstel kniehalter en sal lei tot verhoogde vervoer- en voedselpryse, wat verdere druk op huishoudings plaas:

