
Tiger Woods kry borgtog in dronkbestuursaak
Loading player...
Gholf: Tiger Woods is op borgtog vrygelaat na sy inhegtenisneming op 'n aanklag van dronkbestuur nadat hy gistermiddag sy motor tydens 'n ongeluk in Florida gerol het. Sheriff John Budensiek by die Martin County-balju se kantoor het gesê die 15-malige Major-kampioen is ook aangekla van saakbeskadiging en weiering om 'n wettige toets te ondergaan. Die 50-jarige Woods het sy Land Rover gerol nadat hy teen 'n vragmotor in Jupiter-eiland gebots het. Budensiek sê dalk was medikasie eerder as alkohol betrokke:

