
SA se inflasieteiken van 3% bly haalbaar - SARB
Loading player...
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê Suid-Afrika se inflasieteiken van 3 persent bly haalbaar ten spyte van wêreldwye skokke, insluitend stygende olie- en kommoditeitspryse as gevolg van die konflik in die Midde-Ooste. Terwyl korttermyninflasie tot bo 4 persent kan styg, het Kganyago aan die media gesê verstandige monetêre beleid, 'n bestendige beleidskoers van 6,75-persent en noukeurige monitering van risiko's sal help om inflasie oor die volgende twee jaar weer by die teiken te bring:

