
CBNRM-konferensie afgehandel
Loading player...
Die omgewingsministerie het sy twee-daagse nasionale konferensie oor die land se gemeenskapsbewaringprogram afgesluit. Die 2013 beleid rakende bewareas word hersien en uitdagings wat klimaat, mens-dier konflik, lae inkomste en meer insluit, word onder die loep geneem. Die lynminister Indileni Daniel het 'n oorsig gegee oor die inkomste wat die bewareas genereer.

