
'Iran wil ooreenkoms maak, maar te bang om te sê'
Loading player...
President Donald Trump beweer dat Iran graag 'n ooreenkoms wil sluit, maar hulle is bang om dit te sê. Dit volg nadat Teheran 'n Amerikaanse skietstilstandvoorstel van die hand gewys en gesê het hulle het geen voorneme om te onderhandel nie. Iran het vyf voorwaardes gestel om die konflik te beëindig, insluitend 'n algehele staking van aanvalle en erkenning van sy soewereiniteit oor die Straat van Hormuz. Trump beweer die Iranse leierskap is bang om te sê dat hulle onderhandel omdat hulle deur hul eie mense doodgemaak sal word:

