Likwidasies daal in SA

Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê totale likwidasies het in Februarie met 3,6-persent gedaal, van 140 tot 135 gevalle. Beslote korporasies het die grootste afname getoon, terwyl maatskappylikwidasies effens toegeneem het. Oor die drie maande wat in Februarie geëindig het, was totale likwidasies 1,5-persent laer. Onica Mushwana van Statistieke SA sê in die eerste twee maande van hierdie jaar is daar 6,1-persent minder likwidasies aangeteken vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, wat dui op 'n beskeie verbetering in die bestendigheid van besighede:
26 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Madlanga-kommissie: Getuie N getuig in camera

Die Madlanga-kommissie het Getuie N in camera-getuienis toegestaan om haar identiteit te beskerm. Getuienisleier Mahlape Sello sê sy is deel van die polisie se taakspan vir politieke moorde wat sake by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap ondersoek. Sy sê om haar identiteit te openbaar kan die ondersoek…
10 Jul 11AM 1 min

Biosekuriteit teen BKS op grense versterk

Die landbouministerie en belanghebbendes gaan voort om grens-biosekuriteitsmaatreëls te versterk om die verspreiding van bek-en-klouseer te help voorkom. Na die installering van 'n semi-outomatiese voertuigontsmettingsspuitstelsel by die Ariamsvlei-grenspos, sê die ministerie dat verdere soortgelyke intervensies by ander grensposte volgens behoefte uitgerol sal word. Ministerie-woordvoerder Romeo Muyunda het met Kosmos 94.1…
10 Jul 11AM 1 min

Welwitschia Uitnodiging XV reg vir Bulle: Danco Burger

Die Namibiese Rugby-unie het 'n gedugte Welwitschia Uitnodiging XV-span van 30 spelers saamgestel vir Saterdag se internasionale vriendskaplike wedstryd teen die Vodacom Blue Bulls in die Hage Geingob-stadion. Verskeie spelers is beloon ná die span se oortuigende oorwinning van 71-12 teen Zambië verlede naweek. Die Namibiese kaptein, Danco Burger, het…
10 Jul 10AM 1 min

Kankergevalle vermeerder, meer beleggings in sorg nodig

In Namibië word daar nou jaarliks 4 205 nuwe kankerdiagnoses aangeteken, 'n aansienlike toename vergeleke met die ongeveer 3 700 jaarlikse gevalle wat voorheen gerapporteer is. Met 'n voorkomssyfer van 202,2 per 100 000, is Namibië een van die Afrika-lande met die hoogste voorkoms van kanker. Dit is volgens die…
10 Jul 10AM 1 min