
Hof sê Meta en Google is nalatig met tieners
Loading player...
'n Jurie in Kalifornië hou Meta en YouTube aanspreeklik vir 'n vrou se sosialemedia-verslawing en skade aan haar geestesgesondheid. Die jurie het bevind dat Meta, wat Instagram, Facebook en WhatsApp besit, en Google, eienaar van YouTube, doelbewus verslawende sosialemedia-platforms gebou het wat die 20-jarige se geestesgesondheid benadeel het. Die vrou, bekend as Kaley, is net meer as 100 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding toegeken. Beide Meta en Google beplan om te appelleer. Kaley se prokureur, Mark Lanier, sê beide maatskappye het nalatig opgetree:

