Ondersoek na Rovos Rail-ongeluk duur voort

Loading player...
Die treinongeluk van Rovos Rail naby Naute draai steeds in die nuus. Rovos Rail het na die ongeluk verklaar dat vloedskade aan die spoorlyn naby die dam die ongeluk, waarin twee dood is, vroeg op Sondag, 1 Maart veroorsaak het. Twee lokomotiewe en nutswaens is beskadig. Rovos Rail het onlangs weer 'n verklaring uitgereik wat passasiers gerusstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Alina Garises, die woordvoerder van TransNamib gepraat. Sy sê die ondersoek duur voort.
26 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Strenger Jan Taks ná brandstofstygings in SA

Die nuut-aangestelde kommissaris van die Inkomstediens, Johnstone Makhubu, sê dit mag nodig wees om belasting-invorderingspogings te verskerp om te vergoed vir 'n inkomstetekort van bykans ses miljard rand per maand nadat die brandstofheffing verlaag is. Dit is gedoen om druk op verbruikers te verlig ná skerp stygings in brandstofpryse. Makhuba…
6 Apr 4AM 1 min

Kabinet veroordeel Nigeriër as hoofman in KuGompo

Die kabinet het die aankondiging van die kroning van 'n Nigeriër as hoofman in KuGompo-stad in die Oos-Kaap veroordeel en sê dit is onregmatig en sonder regsgronde. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê tradisionele leierskap word streng gereguleer kragtens die Wet op Tradisionele en Khoi-San-leierskap. Die kabinet neem…
6 Apr 3AM 1 min

Artemis II maak reg vir 40 minute se tjoepstilte

Artemis-ruimtevaarders maak vandag opnuut geskiedenis wanneer hulle vir 40 minute stoksielalleen op hul maanreis gaan wees. Ondanks konstante kontak met sendingbeheer in Houston, sal dié verbinding tydelik verbreek word wanneer die ruimtetuig agter die Maan verbybeweeg. Die presiese tyd moet nog deur Houston bevestig word, maar behoort omstreeks twee-uur Namibiese…
6 Apr 2AM 1 min

Zambezi-inwoners kort dringend hulp met voedsel

Die minister van landelike en stedelike sake, James Sankwasa, doen 'n beroep op inwoners van die Zambezi-streek om die regering te help met die verspreiding van voedsel vir vloedgeteisterde gesinne. Die streek staar 'n ernstige vloedkrisis in die gesig as gevolg van die Zambezi-rivier se watervlak wat meer as verdubbel…
6 Apr 1AM 1 min

Ramaphosa moet sê oor sloering met regters

Judges Matter het president Cyril Ramaphosa weer gevra om te verduidelik waarom die aanstelling van twee regters in die Konstitusionele Hof steeds sloer. Die navorsings- en voorspraakbeampte, Mbekezeli Benjamin, sê geen aanstellings is nog gedoen byna ses maande nadat die Regterlike Dienskommissie vyf name voorgelê het nie. Hy het aan…
6 Apr 12AM 1 min