SAPD-lid verskyn oor moord op Madlanga-getuie

Loading player...
'n Voormalige lid van die SAPD se Spesiale Taakmag, Matiphandile Sotheni, het in die landdroshof in Brakpan verskyn. Hy ontken bewerings rakende die moord op Marius van der Merwe, 'n getuie by die Madlanga-kommissie, bekend as Getuie D, wat in Desember verlede jaar vermoor is. Van der Merwe is voor sy huis en voor sy gesin in Brakpan geskiet. Borgtogverrigtinge is tot 14 Mei uitgestel om Sotheni toe te laat om vir sy verdediging voor te berei. Hy beweer hy is onregmatig gearresteer:
25 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Likwidasies daal in SA

Statistieke Suid-Afrika sê totale likwidasies het in Februarie met 3,6-persent gedaal, van 140 tot 135 gevalle. Beslote korporasies het die grootste afname getoon, terwyl maatskappylikwidasies effens toegeneem het. Oor die drie maande wat in Februarie geëindig het, was totale likwidasies 1,5-persent laer. Onica Mushwana van Statistieke SA sê in die…
26 Mar 1AM 1 min

BoN teken ooreenkoms vir goud as reserwe

Die sentrale bank het 'n goudverkoopsooreenkoms met die Navachab-goudmyn geteken. Die bank wil ‘n deel van sy reserwes in goud aanhou. Goud sal makroekonomiese stabiliteit aan die land voorsien, veral tydens geopolitieke onsekerhede. Naufiku Hamunime die woordvoerder van die bank.
26 Mar 1AM 1 min

Warriors verloor in Kazakstan

Namibië se Brave Warriors het 'n 2-0 nederlaag teen Kazakstan in hul openingswedstryd van die FIFA-vriendskaplike reeks 2026 gely. Die nederlaag in Astana, Kazakstan dui op 'n moeilike begin vir die Namibiese nasionale sokkerspan in die internasionale vriendskaplike toernooi. Afrigter Collin Benjamin besin oor die wedstryd:
26 Mar 1AM 1 min

Hof sê Meta en Google is nalatig met tieners

'n Jurie in Kalifornië hou Meta en YouTube aanspreeklik vir 'n vrou se sosialemedia-verslawing en skade aan haar geestesgesondheid. Die jurie het bevind dat Meta, wat Instagram, Facebook en WhatsApp besit, en Google, eienaar van YouTube, doelbewus verslawende sosialemedia-platforms gebou het wat die 20-jarige se geestesgesondheid benadeel het. Die vrou,…
26 Mar 1AM 1 min