Tiger nog onseker oor Meesterstoernooi-deelname

Loading player...
Gholf: Die vyftienmalige major kampioen, Tiger Woods, sê hy is nog onseker oor sy deelname aan die Meesterstoernooi op Augusta. Die 50-jarige het 'n jaar lank herstel ná 'n Achilles-besering en het in Oktober verlede jaar 'n sewende rugoperasie ondergaan. Die vyfmalige Meesterskampioen het nog nie weer mededingende gholf op die PGA-toer gespeel sedert hy in Julie 2024 nie na volgende ronde kon deurdring nie. Woods sê hy sal aanhou oefen en kyk hoe dit gaan:
25 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Taxibaas lig spesialis-moordenaars in bedryf uit

Die taxibaas Joe "Ferrari" Sibanyoni sê die Shongwe-kommissie het bevind slagoffers van taxiverwante geweld in Gauteng is met hoëkalibergewere en ander vuurwapens doodgeskiet. Sibanyoni het voor die Madlanga-kommissie getuig die wapens is soortgelyk aan dié wat staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die polisie gebruik. Hy sê die kommissie…
28 Aug 11AM 1 min

Nasionale Raad sluit suksesvolle sitting af

Die tweede gewone sitting van die 7de Nasionale Raad, wat op 17 Augustus begin het, het vandag afgesluit en gaan in reses. Die derde sessie is vir 30 November geskeduleer. Tydens die pas afgelope sitting het die Huis die Wet op Geestesgesondheid aangeneem en verskeie verslae van parlementêre komitees en…
28 Aug 11AM 1 min

Unie sê digitale geld moet vir informele handelaars ook werk

Die Namibiese Informele Handelaars- en Shebeenwerkersunie verwelkom die Sentrale Bank se plan om digitale geld vir selfoongebruikers teen Junie volgende jaar in te stel. Dit is daarop gemik om finansiële insluiting uit te brei, kitsbetalings te verbeter en die informele ekonomie te formaliseer. Die unie sê egter dat behoorlike konsultasie…
28 Aug 10AM 1 min

Hoekom is NNN se aansoek vir Auasblick-grond 'privaat'?

Opposisieraadslede by die Stad Windhoek eis regsduidelikheid oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se private aansoek om munisipale grond in die Auasblick-voorstad te bekom. Die aansoek, gedateer 21 Mei, dien nou voor die stadsraad en dek ses erwe van ongeveer 1,8 hektaar. Tydens Donderdagaand se gewone raadsvergadering het AR-raadslid Kavetu Maitjituavi bevraagteken…
28 Aug 10AM 1 min