Nampa en New Era smelt nou al vyf jaar lank saam, IPC het vrae

Loading player...
Daar is kommer in die parlement oor die regering se versuim om 'n kabinetsbesluit van 2021 te implementeer om die staatsbeheerde mediahuise New Era en Nampa te laat saamsmelt. Die stap het ten doel om dupliseringskoste wat na raming sowat 75 miljoen Namibiese dollar beloop, te verminder. Die voorgestelde samesmelting sal 'n "vlak drie" semi-staatsorganisasie skep, soortgelyk aan entiteite soos NamPower of Telecom. Die IPC-skaduminister van IKT, John-Louw Mouton, het Dinsdag vrae gehad oor hoekom die plan al jare lank draai.
25 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Pluimvee inligtingsdag Donderdag aangebied

Die Pluimvee-produsentevereniging gaan môre 'n inligtingsdag getitel "Alles oor pluimvee: van basiese beginsels tot besigheid" hou. Die vereniging moedig voornemende en bestaande pluimveeboere aan om dit by te woon. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibië Landbou-unie se landbou-ekonoom Leigh Anne Nehoya gepraat, wat meer inligting gee.
25 Mar 6AM 1 min

Eskom-doelwit is om ladingvermindering teen einde 2026 uit te skakel

Die minister van Energie en Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê sy departement het in samewerking met Eskom, 'n gestruktureerde program ontwikkel om ladingvermindering uit te skakel. Ramokgopa sê ladingvermindering word nie gedoen weens 'n tekort aan opgewekte krag nie, maar 'n as 'n maatreël om die netwerk plek-plek te beskerm wanneer…
25 Mar 6AM 1 min

Koedoe sê reaksie op oorlog sal Brics negatief raak

Die Verenigde Arabiese Emirate het 'n leidende rol gespeel in die veroordeling van Iranse optrede in die Straat van Hormuz, deur saam met Westerse vennote op te tree en homself van ander Brics-lede se standpunte oor hierdie kwessie te distansieer. Sommige Brics-lede, soos Suid-Afrika, China en Brasilië, bly meer neutraal…
25 Mar 6AM 1 min

Geopolitiek kan uitdagings vir toerisme bring

Die nasionale kamerbesettingsyfer het in Februarie 2026 op 32,39 persent ingekom, 'n effense styging vergeleke met verlede jaar. Die kusstreek het die beste gevaar met 42 persent besetting, grootliks danksy Europese toeriste en olie- en gasaktiwiteite. Kenners waarsku oor uitdagings soos hoë pryse en beperkte lugtoegang wat toekomstige besprekings kan…
25 Mar 6AM 1 min

Bees-uitvoere na Mauritius maak nuwe deur oop - Zaamwani

Namibië versterk sy posisie in die wêreldwye veehandel, nadat 3 000 bees van Otjiwarongo op die hoef na Mauritius uitgevoer is. Landbouminister Inge Zaamwani het in die parlement gesê die besending weerspieël nie net vertroue in Namibië se streng dieregesondheidstandaarde nie, maar maak ook die deur oop na 'n groeiende…
25 Mar 6AM 1 min