Gauteng-skole voldoen nie aan veiligheidsvereistes nie

Loading player...
Die DA het teenstrydighede in skoolveiligheidsmaatreëls in Gauteng gekritiseer en waarsku dat sommige hoërisiko-skole minder patrolleerders het as laerisiko-skole. Dit volg nadat die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, bevestig het dat 34 skole nie aan veiligheidsregulasies voldoen nie. Sergio Isa Dos Santos van die party sê dit wek ernstige kommer oor hoe hulpbronne toegeken word en of leerderveiligheid behoorlike voorkeur kry:
25 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Koedoe sê reaksie op oorlog sal Brics negatief raak

Die Verenigde Arabiese Emirate het 'n leidende rol gespeel in die veroordeling van Iranse optrede in die Straat van Hormuz, deur saam met Westerse vennote op te tree en homself van ander Brics-lede se standpunte oor hierdie kwessie te distansieer. Sommige Brics-lede, soos Suid-Afrika, China en Brasilië, bly meer neutraal…
25 Mar 6AM 1 min

Geopolitiek kan uitdagings vir toerisme bring

Die nasionale kamerbesettingsyfer het in Februarie 2026 op 32,39 persent ingekom, 'n effense styging vergeleke met verlede jaar. Die kusstreek het die beste gevaar met 42 persent besetting, grootliks danksy Europese toeriste en olie- en gasaktiwiteite. Kenners waarsku oor uitdagings soos hoë pryse en beperkte lugtoegang wat toekomstige besprekings kan…
25 Mar 6AM 1 min

Bees-uitvoere na Mauritius maak nuwe deur oop - Zaamwani

Namibië versterk sy posisie in die wêreldwye veehandel, nadat 3 000 bees van Otjiwarongo op die hoef na Mauritius uitgevoer is. Landbouminister Inge Zaamwani het in die parlement gesê die besending weerspieël nie net vertroue in Namibië se streng dieregesondheidstandaarde nie, maar maak ook die deur oop na 'n groeiende…
25 Mar 6AM 1 min

GNU het nie wil om poskantoor te red nie

Die Kommunikasiewerkersvakbond sê dit is duidelik dat die regering geen politieke wil het om die Suid-Afrikaanse Poskantoor van likwidasie te red nie. Georganiseerde arbeid het voorstelle deur die sakereddingspraktisyns om die Poskantoor te likwideer verwerp en sê die stap sal daartoe lei dat meer as 5 000 hul werk verloor…
25 Mar 4AM 1 min

Nou is die tyd om in hernubare energie te belê - Guterres

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sê die oorlog in die Midde-Ooste is weer ‘n bewys van hoe dringend die wêreld moet oorskakel na hernubare energiebronne. Hy sê hernubare energie lewer klimaatsekerheid, energiesekerheid en nasionale veiligheid.
25 Mar 4AM 1 min