Salah groet Liverpool

Loading player...
Liverpool se voorspeler Mohamed Salah het aangekondig dat hy aan die einde van die seisoen die klub sal verlaat, wat 'n merkwaardige hoofstuk van nege jaar beëindig. Die 33-jarige internasionale speler van Egipte se nuwe tweejaarkontrak gaan met 'n jaar verkort word nadat hy dit reeds in April onderteken het. Salah het in Junie 2017 van Roma by Liverpool aangesluit en sal die klub verlaat as die doelskieter met die derde meeste doele, wat ook gehelp het dat hulle die Premierliga, Kampioeneliga, FA-beker én die Carabao-beker wen. Hy sê Liverpool sal altyd sy tuiste wees:
25 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BoN, Namfisa opdateer samewerkingsooreenkoms

Die Bank van Namibië en die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het 'n opgedateerde ooreenkoms onderteken wat samewerking in die regulering en toesig van Namibië se finansiële sektor versterk. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond sê die ooreenkoms vestig 'n raamwerk vir die deel van inligting, gesamentlike toesig en regulatoriese toesig oor…
25 Mar 2AM 1 min

Gauteng-skole voldoen nie aan veiligheidsvereistes nie

Die DA het teenstrydighede in skoolveiligheidsmaatreëls in Gauteng gekritiseer en waarsku dat sommige hoërisiko-skole minder patrolleerders het as laerisiko-skole. Dit volg nadat die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, bevestig het dat 34 skole nie aan veiligheidsregulasies voldoen nie. Sergio Isa Dos Santos van die party sê dit wek ernstige kommer…
25 Mar 2AM 1 min

Misa ondersteun strenger dronkbestuur-strawwe

Die Motorbedryf-personeelvereniging ondersteun die minister van vervoer, Barbara Creecy, se oproep vir strenger strawwe vir dronkbestuurders. Creecy sê enigiemand wat drink en noodlottige ongelukke veroorsaak, moet van voorbedagte moord aangekla word, wat tot lewenslange tronkstraf kan lei. Sy het ook meer padblokkades, opvoedingsveldtogte en optrede teen onpadwaardige voertuie voor Paasfees…
25 Mar 1AM 1 min

‘Verdag dat Herunga nie oor Rusland-bewerings wil dagvaar nie’

Bewerings dat Rusland Swapo gehelp het om tydens die laaste verkiesings te wen, bly in die nuus. Hierdie keer sê die IPC se skadu-handelminister, Rodney Cloete, dit is verdag dat Swapo se adjunk-sekretaris-generaal, Uahekua Herunga, sê hy sal nie regstappe doen nie, na bewerings dat hy miljoene dollar van Russiese…
25 Mar 1AM 1 min

Behalwe vir brandstofprys, sal daar 'n heffing kom vir vervoer deur seestraat

Suid-Afrikaanse motoriste maak gereed vir skerp brandstofprysverhoging in April. Die jongste brandstofprysvoorspelling van die land se Sentrale Energiefonds wys dat 95-oktaan petrol met meer as 5 Suid-Afrikaanse randkan styg. Die Brandstofbedryfvereniging van Suid-Afrika het reeds kommer uitgespreek oor die bekostigbaarheid van brandstof in die komende maande. Kosmos 94.1 Nuus het…
25 Mar 12AM 1 min