Oekraïne-oorlog word al dodeliker: VN

Loading player...
Die Verenigde Nasies waarsku hoe langer die Rusland-Oekraïne-oorlog voortduur, hoe dodeliker word dit. Sedert Rusland sy volskaalse inval in Oekraïne in 2022 van stapel gestuur het, is 15 364 burgerlikes dood, insluitend 775 kinders, en meer as 42 000 mense is beseer. Ten minste 188 burgerlikes is in Februarie dood en 757 is beseer, 'n toename van 45-persent teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Rosemary DiCarlo van die VN sê verslae dui op 'n toename in aanvalle wat spoorweë en ander vervoerinfrastruktuur teiken:
24 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Parlement begin weer, steeds by begroting

Die eerste sessie van die sewende sitting van die Nasionale Vergadering het vandag afgeskop met die begrotingswetsontwerp steeds op die tafel. Die sessies sal tot en met 19 Mei voortgaan. Die voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Muha, het die sessie geopen.
5 May 11AM 1 min

Steenhuisen kondig suid-suid BKS-vennootskappe aan

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika het sy bek-en-klouseer-inentingsprogram aansienlik uitgebrei en miljoene dosisse uit Argentinië en Turkye bekom terwyl plaaslike produksie 'n hupstoot gegee word. Hy het in die parlement gesê meer as 2,5-miljoen diere is reeds landwyd ingeënt en die departement beoog om teen einde vanjaar…
5 May 11AM 1 min

Jý kan help met miershooptier-navorsing

Bewaringsnavorsers rig 'n dringende beroep op die publiek om Afrika se kleinste wildekat, die swartpootkat of miershooptier, op te spoor. Die Swartpootkat Navorsingsprojek Namibië waarsku dat 'n gebrek aan bevestigde waarnemings pogings belemmer om die spesie se oorlewingstatus te bepaal. Projekkoördineerder Martina Küsters het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat…
5 May 10AM 1 min