
CAN bied gratis papsmeer-,prostaatondersoeke in Omaheke aan
Loading player...
Die Kankervereniging is tans in die Omaheke-streek om gratis papsmeer- en prostaatkankerondersoeke aan te bied. Die dienste maak voorsiening vir 100 vroue en 50 mans op 'n eerste-daar-eerste-bedien-basis. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, gepraat wat sê individue word versoek om hul eie slaapklere, Namibiese ID-kaart en groen hospitaalboekie na die sentrums saam te neem tussen 10-uur die oggend en 3-uur die middag.

