Paniekaankope en bespiegelinge oor brandstofpryse is volop op sosiale media. Boodskappe van moontlike brandstofrantsoenering doen ook die rondtes, voor die brandstofprys aankondiging wat vandeesweek verwag word. Kosmos 94.1 Nuus het met die energieministerie se woordvoerder, Ten Hasheela gepraat, wat die publiek maan om nie vals inligting te versprei nie.
Die Springbok-vroue sewesspan het gekwalifiseer vir die drie toernooie in Hong Kong, Valladolid en Bordeaux, wat deel uitmaak van die Sewes-Wêreldkampioenskapsreeks die einde van jaar. Suid-Afrika het die naweek derde geëindig in Montevideo in Uruguay, en drie van hul vyf wedstryde gewen. Argentinië, Duitsland en die VSA het ook vir…
Bewaringsbewustes waarsku dat 'n groeiende golf van KI-gegenereerde wildlewe-inhoud op sosiale media die lyn tussen werklikheid en fiksie vervaag. Van leeuwyfies wat hulp van toeriste soek tot jagluiperds wat langs mense lê mag hierdie plasings dalk betowerend wees, maar baie is heeltemal kunsmatig. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristin Maritz…
Reaksie word ontvang op die regering se besluit om 'n versoek van miljardêr Elon Musk se Starlink te weier om sy satelliet-internetdienste in Namibië te bedryf. Kosmos 94.1 Nuus het met die boer en Starlink-ondersteuner Peet van Staden gepraat wat sê dit is 'n massiewe slag vir die boeregemeenskappe wat…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.