
KI-video's oor wilde diere uiters gevaarlik
Loading player...
Bewaringsbewustes waarsku dat 'n groeiende golf van KI-gegenereerde wildlewe-inhoud op sosiale media die lyn tussen werklikheid en fiksie vervaag. Van leeuwyfies wat hulp van toeriste soek tot jagluiperds wat langs mense lê mag hierdie plasings dalk betowerend wees, maar baie is heeltemal kunsmatig. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristin Maritz van Napha gepraat oor die potensiële gevare agter hierdie misleidende beelde en video's.

