Verwoestende uitkoms as energieinstallasies aangeval word

Loading player...
Nie net is politieke alliansies in die Midde-Ooste in gedrang nie maar, inflasie, energie-waardekettings en olievoorsiening raak al hoe meer wankelrig met die oorlog tussen VSA en Israel en Iran. Die Britse militêre ontleder Sean Bell sê dat sou die VSA deurvoer met sy dreigemente om Iran se energiefasiliteite aan te val, sal Iran vergeldingsaanvalle uitvoer en die uitkoms daarvan... verwoestend.
23 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NTB begin opleiding vir kleinsake-eienaars in toerismebedryf

Die Namibiese Toerismeraad het vanoggend die Entrepreneurskapvaardigheid Opleidingsprogram vir kleinsake-eienaars in die toerismesektor van stapel gestuur. Die inisiatief is daarop gemik om toerisme-operateurs te help om te groei, te innoveer en sakevaardighede te versterk. Aansoekvorms is op die raad se webtuiste beskikbaar. Die Toerismeraad se uitvoerende hoof, Sebulon Chicalu:
23 Mar 8AM 1 min

SABC loop deur oor 'toenemende sensorskap, politieke kaping'

Die vakverbond Saftu sê die SABC is nie die regerende party se spreekbuis nie en mag dit nooit word nie. Die openbare uitsaaier loop deur onder kritiek oor sy besluit om die gewilde politieke geselsprogram, Face the Nation, weens vermeende politieke druk te sluit. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê hierdie verwikkeling…
23 Mar 8AM 1 min

Vakbonde, GNU moet werkers beskerm

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering en vakbonde moet beslissend optree om werkers teen uitbuiting te beskerm, toegang tot veilige werk uit te brei; en gesondheid- en veiligheidstandaarde sonder kompromie af te dwing. Hy sê werkers mag nie hul lewens of lewensbestaan as gevolg van nie-nakoming verloor nie. Mashatile sê…
23 Mar 6AM 1 min

Bloedskenkers red 8 262 lewens sedert 1 Maart

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het tot dusver hierdie maand 8 262 lewens reeds gered deur bloedskenkings wat hy ingesamel het. Kosmos 94.1 Nuus het met die diens se woordvoerder, Frieda Vatileni-Asino, gepraat oor die belangrikheid van bloedskenkings.
23 Mar 6AM 1 min

Goud korrigeer, dollar versterk

Goudpryse het aan die einde van verlede week 'n dramatiese korreksie gesien, wat 'n wisselvallige lopie beëindig het wat einde Februarie begin het. Nadat dit op 2 Maart 'n rekordhoogtepunt van 5 435 Amerikaanse dollar per fynons bereik het vanweë toenemende spanning in die Midde-Ooste, het die mark sedertdien aansienlik…
23 Mar 6AM 1 min