Die Namibiese Toerismeraad het vanoggend die Entrepreneurskapvaardigheid Opleidingsprogram vir kleinsake-eienaars in die toerismesektor van stapel gestuur. Die inisiatief is daarop gemik om toerisme-operateurs te help om te groei, te innoveer en sakevaardighede te versterk. Aansoekvorms is op die raad se webtuiste beskikbaar. Die Toerismeraad se uitvoerende hoof, Sebulon Chicalu:
Die vakverbond Saftu sê die SABC is nie die regerende party se spreekbuis nie en mag dit nooit word nie. Die openbare uitsaaier loop deur onder kritiek oor sy besluit om die gewilde politieke geselsprogram, Face the Nation, weens vermeende politieke druk te sluit. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê hierdie verwikkeling…
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering en vakbonde moet beslissend optree om werkers teen uitbuiting te beskerm, toegang tot veilige werk uit te brei; en gesondheid- en veiligheidstandaarde sonder kompromie af te dwing. Hy sê werkers mag nie hul lewens of lewensbestaan as gevolg van nie-nakoming verloor nie. Mashatile sê…
Nie net is politieke alliansies in die Midde-Ooste in gedrang nie maar, inflasie, energie-waardekettings en olievoorsiening raak al hoe meer wankelrig met die oorlog tussen VSA en Israel en Iran. Die Britse militêre ontleder Sean Bell sê dat sou die VSA deurvoer met sy dreigemente om Iran se energiefasiliteite aan…
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het tot dusver hierdie maand 8 262 lewens reeds gered deur bloedskenkings wat hy ingesamel het. Kosmos 94.1 Nuus het met die diens se woordvoerder, Frieda Vatileni-Asino, gepraat oor die belangrikheid van bloedskenkings.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.