
Spazawinkels se heffings op kragaankope is onwettig
Loading player...
Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham-Maré, veroordeel spazawinkels en verkopers van voorafbetaalde krag wat kopers onwettig ekstra geld vra wanneer hulle krag koop. Sy sê die departement is hiervan in kennis gestel tydens die onlangse vergaderings met die gemeenskappe van Adendorp en Nieu-Bethesda in die Oos-Kaap. Die adjunkminister sê dis onwettig en moet stop:

