
Paniekaankope van brandstof onnodig - lynministerie
Loading player...
Die regering het die naweek vrese oor brandstoftekorte in Namibië besweer midde gerugte van paniekaankope deur verbruikers. Die land het genoeg reserwes en die regering is in voortdurende kommunikasie met verskaffers, wat verseker genoegsame voorraad is op pad. Kosmos 94.1 Nuus het petroleumekonoom Abednego Ekandjo om sy mening genader.

