BKS: Meer as 121 000 inentings reeds in Wes-Kaap

Loading player...
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die provinsie se gekoördineerde bek-en-klouseer-reaksieplan is verder versterk met die aankoms van nog 8 000 entstofdosisse in die provinsie. Hy sê dit sal die 100 000 dosisse wat die provinsie verlede week ontvang het, aanvul, wat die totale getal wat tot dusver ontvang is op 170 400 dosisse te staan bring. Winde sê meer as 121 000 inentingsdosisse is by 438 inentingsterreine toegedien, met die ondersteuning van 29 privaat veeartse:
22 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Pasellatyd voor langnaweke kos Namibië miljoene'

Die staatsdiens wat in die gewoonte verval het om ‘n dag voor ‘n langnaweek om 10:00 sy deure te sluit, kos die Namibiese ekonomie miljoene dollar, sê veteraanekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu. Hy het reageer op eerste minister Elijah Ngurare wat staatsdiensamptenare Donderdag opnuut dié vergunning toegestaan het. Kakujaha-Matundu sê in…
1 May 1AM 1 min

Bedagsaamheid op paaie die wagwoord, sê MVAF

Met die langnaweek in volle swang, het die Motorvoertuigongelukfonds ‘n beroep op bestuurders gedoen om bedagsaam op die land se paaie te wees en versigtigheid aan die dag te lê. Dit volg ná die noodlottige ongeluk Woensdagaand naby Arandis, waarin agt mense dood is toe ‘n minibus ‘n vragmotor getref…
1 May 12AM 1 min

Erongo-goewerneur soek padveiligheid-noodberaad

Die goewerneur van Erongo, Natalia/Goagoses, het 'n hoëvlak-noodberaad oor padveiligheid versoek na 'n noodlottige ongeluk wat Woensdagaand agt lewens geëis het. Sy het gelas dat 'n gesamentlike belanghebbervergadering binne twee weke byeengeroep word, wat belangrike padveiligheidsbelanghebbendes bymekaarbring, insluitend die vervoerministerie, die Padowerheid, die Motorvoertuigongelukkefonds, wetstoepassing en ambulansdienste.
30 Apr 11AM 1 min

Jodehaat ingevoer deur immigrasie: Britse politikus

Die Britse skaduminister van Binnelandse Sake, Chris Philp, vra groter gebruik van teen-terreur-moniteringstegnieke om anti-semitiese misdaad te identifiseer en te voorkom. Dit volg nadat twee Joodse mans gister in Golders Green, Noord-Londen, gesteek is in wat die polisie as 'n terroriste-voorval beskryf het. 'n Vyf-en-veertigjarige Britse burger wat in Somalië…
30 Apr 11AM 1 min